Your Recipe Blog

GRANADILLA  YSIES

GRANADILLA  YSIES

“Die somer is op ons, ek het die heerlike ysies gemaak met 1 liter grenadilla pulp (my eie pulp).  Maak sommer ‘n klomp want dis djeeeeerlik en word gou gou opgeëet. Dit was ‘n lekker warm dag by ons na die stormagtige wind, koue en reen.”

  • 1 liter granadella pulp
  • ½ koppie suiker
  • 1 koppie water

Die water is bygevoeg om die pulp ‘n bietjie te verdun, want dit was dik met baie pitte.
Voeg die pulp, water en suiker bymekaar en roer tot die suiker opgelos is.
Imdien die pulp suur is, kan jy nog suiker byvoeg.
Terwyl dit aanmekaar geroer word, word die mengsel in yshouertjies gegiet en in die vrieskas geplaas om te vries.
Wanneer jy dit uithaal om te eet, druk die houertjie in ‘n bietjie warmwater sodat dit maklik loskom.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page