Your Recipe Blog

GRANADILLA, PAPAJA EN GEEL PRUIM KONFYT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 15 - 20 min.

GRANADILLA, PAPAJA EN GEEL PRUIM KONFYT

My konfyt is klaar en heerlik verby, het so lekker “passion fruit” smakie.

  • 3 vars granadillas
  • 3 groot geel pruime
  • ½ papaja

Sny die vrugte in stukke en haal die granadilla vleis uit hulle doppe.
Weeg die vrugte af en strooi dieselfde hoeveelheid suiker oor. Laat staan dat dit stroop trek. roer af en toe.
Wanneer daar nie meer suiker is nie, roer lekker deur en voeg so 15 ml suurlemoensap by.
Kook in die mikrogolf, 5 min op ‘n keer vir ongeveer 15 – 20 min dit hang af van hoeveel vrugte jy gebruik het.
Doen die koue piering toets en bottel in warm voorbereide bottels wanneer jou stroop reg is.
Seël dadelik.

Resep en foto: Rina Kleinhans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page