GRANADILLA MUFFINS
- 400 ml bruismeel
- 120 ml ligte bruinsuiker
- 2 eiers
- 175 ml gewone jogurt
- 80 ml olyfolie
- 6 granadillas se pulp
Verhit die oond vooraf tot 180°C.
Smeer ‘n muffinpan met 12 bakkies.
Voeg al die droë bestanddele in ‘n bak en meng goed deur.
Meng die nat bestanddele met die granadilla in ‘n tweede bak.
Maak ‘n holte in die middel van die meel en kombineer die nat en droë bestanddele versigtig.
Meng deur totdat dit ‘n deegbeslag vorm.
Verdeel die mengsel eweredig tussen die 12 muffinbakkies.
Strooi ‘n bietjie suiker op elke muffin.
Bak 20 tot 25 minute tot goudbruin en gaar.
Laat afkoel.
Resep en foto: Johann Rossouw