GRANADILLA KONFYT
Ek het die resep in ‘n boekie in ‘n tydskrif gekry. Ek het dit gister gemaak daar was nie genoeg grenadellas vir 2 kg nie en ek het nie mooi gelees en die pitte van die begin af in gegooi. Die konfyt is baie lekker, dit is so soet suur. Ek het ongelukkig nie ‘n foto nie.
- 2 kg granadillas
- 2 liter water
- 140 ml suurlemoensap
- sowat 1 kg suiker
Halveer vrugte, skep pitte uit en hou eenkant.
Voeg doppe, water en suurlemoensap in pot.
Kook met deksel op teen matige hitte totdat die binne skil donker rooi en sag genoeg is om met ‘n lepel uit te skraap.
Gooi water af en hou eenkant.
Krap binne skil uit.
Die doppe kan nou weg gegooi word.
Weeg 250 g suiker vir elke 250 ml vleis.
Voeg suiker, uitgeskraapde skil en water waarin doppe gekook was in pot en kook.
Toets op ‘n koue piering om te sien of dit styf genoeg is.
As klaar gekook het roer pitte by en laat staan vir 10 minute.
Skep warm in flesse maar seël eers as koud is.
Nota:
Die vleisie binne die dop is die pektien wat konfyt laat stol, dis soos ‘n jellie.
Resep geplaas deur: Anmarie Watney
Gaan vandag probeer Dankie