Your Recipe Blog

GRANAATSTROOP ( OF KONSENTRAAT)

Recipe by
Cook: 30 Minutes

GRANAATSTROOP ( OF KONSENTRAAT)

Ek het nie presies gemeet en geweeg nie – dis nou so min of meer en gaan ook afhang van hoe suur die granate is.
  • 10 koppies granaatpitte
  • 2 kopppies suiker
  • 4 vanilje peule – myne was al bietjie oud
  • 10 peperkorrels
  • 10 karedemonsade
  • 1 teelepel sout

Plaas al die bestandele in ‘n kastrol en verhit. (Sonder water).
Druk die pitte fyn. (Ek het my aartappeldrukker gebruik – die ding waarmee jy kapokaartappels maak.)
Maak seker die suiker is mooi opgelos voordat die stroop begin kook.
Kook stadig vir 30 minute – help om die vanilje, peper en kardemon se geure kans te gee.
Op hierdie stadium is die pitte nog in – want ek dink dit gee ook geur.
Plaas in ‘n versapper en vryf deur ‘n sif. Plaas die stroop terug in ‘n kastrol, bring tot kookpunt en laat kook tot dik.
Skep die warm stroop in warm bottels en draai toe. Ek sit sommer altyd my bottels in die oond teen 180 ºC of warmer.

Nou het jy hierdie konsentraat … gebruik daarvan as jy kerrie kook.
Meng dit met olyfolie, sout en suiker of heuning vir die allerlekkerste slaaisous.
Veral as jy jong spinasieblare, quinoa ens in die slaai het.
Of gebruik saam met drankies hier teen skemertyd.

Resep en foto: Tosca de Villiers

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5