Your Recipe Blog

GRAANVLOKKIE KOEKIES / VERGETE PLAASVROU

| Servings: 3 kg

GRAANVLOKKIE KOEKIES / VERGETE PLAASVROU

  • 6 koppies koekmeel
  • 3 teelepels bakpoeier
  • ½ teelepel sout
  • 500 g margarien
  • 3 koppies strooisuiker
  • 3 teelepels vanillageursel
  • 6 eiers
  • 2 koppies gekapte dadels
  • 2 koppies glanskersies, fyn gekap
  • 6 koppies “Corn Flakes” / graanvlokkies
  • ekstra meel

Meng die dadels, kersies en graanvlokkies met ‘n bietjie meel en plaas eenkant.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam en plaas eenkant.
Meng die margarien, suiker en vanilla saam en klits tot dit lig en donsig is.
Voeg die eiers 1 vir 1 by die margarienmengsel en meng goed na elke byvoeging.
Voeg die gesifte droë bestanddele by die eiermengsel en roer deur.
Voeg laastens die graanvlokkiemengsel by die deegmengsel en roer goed deur.
Skep teelepels vol deeg op ‘n gesmeerde bakplaat.
Bak die koekies in ‘n voorverhitte oond van 180ºC tot ligbruin en bros.

Nota:
Bak die koekies dadelik na dit aangemaak is. Dan bak dit lekker bros en krakerig.

Resep en foto: Petro van der Merwe

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page