Your Recipe Blog

GOULASH MET SKONWIELE

GOULASH MET SKONWIELE

Resep en Foto: Amanda Austen

  • Goulash:
  • 15 ml olie
  • 2 uie, gekap
  • 1 kg stowe beesvleis, in blokkies gesny
  • 15 ml paprika
  • sout en peper na smaak
  • 1 lourierblaar
  • 60 ml tamatiepasta
  • 500 ml warm vleisaftreksel, gemaak met 1 blokkie
  • Skonwiel bo-laag:
  • 310 ml koekmeel
  • 7 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 50 ml botter of margarien
  • ongeveer 150 ml melk
  • Vulsel:
  • 10 ml olie
  • 1 groot wortel gerasper
  • 1 medium ui, gerasper
  • 30 ml gekapte pietersielie
  • Verhit olie in ‘n swaarboomkastrol en verbruin die blokkies vleis. Skep uit en hou eenkant.
  • Sorteer die ui in die oorblywende panvette tot glasig.
  • Sit die vleis terug by die uie en voeg die paprika, geurmiddels, lourier-blaar, tamatiepaste en aftreksel by.
  • Bedek en laat kook tot die vleis sag is. (2 – 2 ½ uur).
  • Skep die goulash in ‘n oondvaste skottel en voorverhit die oond tot 220°C.
  • Braai die vulselbestanddele (ui, wortel en pietersiele) in 10 ml olie tot glasig.
  • Skep dit bo-op die goulash.
  • Sif die droë bestanddele van die bolaag saam en vryf die botter in totdat dit lyk soos growwe mieliemeel.
  • Voeg net genoeg melk by en sny in met ‘n mes of tot net gemeng in ‘n sagte deeg.
  • Druk aanmekaar en rol uit ongeveer 7 mm dik. Druk sirkels uit en sit dit bo-op die goulash.
  • Bak tot gaar en goudbruin, ongeveer 20 minute lank.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page