GOULASH MET SKONWIELE
- Goulash:
- 15 ml olie
- 2 uie, gekap
- 1 kg stowe beesvleis, in blokkies gesny
- 15 ml paprika
- sout en peper na smaak
- 1 lourierblaar
- 60 ml tamatiepasta
- 500 ml warm vleisaftreksel, gemaak met 1 blokkie
- Skonwiel bo-laag:
- 310 ml koekmeel
- 7 ml bakpoeier
- 2 ml sout
- 50 ml botter of margarien
- ongeveer 150 ml melk
- Vulsel:
- 10 ml olie
- 1 groot wortel gerasper
- 1 medium ui, gerasper
- 30 ml gekapte pietersielie
Verhit olie in ‘n swaarboomkastrol en verbruin die blokkies vleis. Skep uit en hou eenkant.
Sorteer die ui in die oorblywende panvette tot glasig.
Sit die vleis terug by die uie en voeg die paprika, geurmiddels, lourier-blaar, tamatiepaste en aftreksel by.
Bedek en laat kook tot die vleis sag is. (2 – 2 ½ uur).
Skep die goulash in ‘n oondvaste skottel en voorverhit die oond tot 220°C.
Braai die vulselbestanddele (ui, wortel en pietersiele) in 10 ml olie tot glasig.
Skep dit bo-op die goulash.
Sif die droë bestanddele van die bolaag saam en vryf die botter in totdat dit lyk soos growwe mieliemeel.
Voeg net genoeg melk by en sny in met ‘n mes of tot net gemeng in ‘n sagte deeg.
Druk aanmekaar en rol uit ongeveer 7 mm dik. Druk sirkels uit en sit dit bo-op die goulash.
Bak tot gaar en goudbruin, ongeveer 20 minute lank.
Resep en Foto: Amanda Austen