Your Recipe Blog

GOUGÈRES GEVUL MET PESTO-ROOMKAAS

Cook: 32 minute | Servings: 10 - 12

GOUGÈRES GEVUL MET PESTO-ROOMKAAS

Gougères is ‘n poffertjie, met kaas as ‘n bestanddeel in die choux deeg.

  • 100 g botter
  • 250 ml water
  • sout
  • rooipeper (skud 2 keer met die botteltjie of na smaak)
  • 140 g koekmeel ,gesif
  • 4 eiers
  • 100 g Parmasaankaas, gerasper

Plaas die botter, water, sout en rooipeper in ‘n kastrol met ‘n deksel en bring tot kookpunt.
Voeg die meel by die bottermengsel en roer totdat dit ‘n bal vorm en los kom van die kante van die kastrol.
Verwyder die kastrol van die hitte en laat die deeg afkoel tot onder 67°C.
Klits die eiers 1 vir 1 by die deeg totdat ‘n choux deeg vorm.
Roer die Parmesaan by die deeg.
Skep die deeg in ‘n spuitsak en spuit die deeg in ‘n voorbereide muffinpannetjie tot die gaatjies ⅔ vol is.
Bak die poffertjies vir 12 minute in ‘n voorverhitte oond by 200°C, verlaag die hitte na 12 minute en bak by 180°C vir 10 minute.
Verlaag weer die hitte na 10 minute en bak by 160°C vir 10 minute.
Verwyder die pannetjie uit die oond en haal die gougéres onmiddellik uit die muffinpannetjies.
Laat die gougères heeltemal afkoel op ‘n draadrakkie onder ‘n waaier.

Nota:
Ek vul my gougères met pesto-roomkaas. Meng pesto met roomkaas na smaak en vul die gougères.

Resep en foto: Frikkie Jones

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page