Your Recipe Blog

GOUE VANILLAKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 - 40 minute

GOUE VANILLAKOEK

  • 2 koppies suiker
  • 3 ¼ koppies koekmeel
  • 2 ½ teelepels bakpoeier
  • 1 teelepel sout
  • ¾ koppie botter (168 g, sag maar nie gesmelt nie)
  • 1 ½ koppies melk
  • 1 eetlepel vanilla
  • 4 groot eiers

Maak seker die botter, melk en eiers is kamertemperatuur!
Verhit oond tot 180°C. Voer die bodem van 3 koekpannetjies (20 cm groot) met bakpapier uit, en botter die papier. Moenie die kante botter nie! (Jy kan ook 2 x 23 cm panne gebruik).
Plaas al die droë bestanddele in jou mengbak. Meng saam tot alles eweredig versprei is. Voeg die botter by en klits tot dit sanderig lyk.
Voeg die melk en vanilla by en klits vir 30 sekondes op lae spoed, en 30 sekondes op medium spoed. Skraap die bodem en kante van die bak.
Voeg een eier by en klits vir 30 sekondes op medium spoed. Skraap weer die bak.
Herhaal tot al 4 eiers bygevoeg is. Klits op medium-hoog vir 30 sekondes.
Skep die beslag in die koekpannetjies en sprei dit eweredig uit.
Bak 30 – 35 minute (vir die 3- 20 cm panne) of 35 – 40 minute (vir 2- 23 cm panne).
Toets met ‘n tandestokkie om seker te maak dis heeltemal gaar.
Haal uit die oond en laat vir 5 minute afkoel. Maak kante met ‘n mes los en keer uit op draadrakke.
Laat heeltemal koud word voordat jy dit versier na smaak.

Foto: Debbie Edwards
Resep geplaas deur Debbie Edwards

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page