GORT EN BEESVLEISSOP
- bietjie olie
- 2 uie, gekap
- 2,5 ml droë gemengde speserye
- 800 g sopbene met vleis en vet aan, in blokkies gesny
- 4 liter water
- 1 beesvleis aftrekselblokkie
- 1 tuingroente aftrekselblokkie
- ½ pakkie gemengde gort sopmengsel, afgespoel
- 5 wortels, geskil en grof gerasper
- 1 rooi/groen soetrissie, in blokkies gesny
- ½ teelepel worcestersous
- 1 ml sout
- knypie swartpeper na smaak
Verhit die olie en soteer die ui en kruie tot die uie sag is.
Voeg sopbene by en braai tot bruin aan die buitekant.
Voeg die water, aftrekselblokkies, gort en wortels by en verhit tot kookpunt.
Draai die hitte laer en voeg die soetrissie en Worcestersous by.
Plaas deksel op en kook oor lae tot matige hitte vir 4 ure tot die gort sag is.
Geur na smaak met sout en peper.
Laat kook die sop sonder deksel vir nog 30 minute tot die sop dik en geurig is.Resep en foto: Louisa Hollenbach
Laat kook die sop sonder deksel vir nog 30 minute tot die sop dik en geurig is.Resep en foto: Louisa Hollenbach
Category: