Your Recipe Blog

GORT EN BEESVLEISSOP

Cook: 4 ure, 30 minute | Servings: 6 - 8 porsies

GORT EN BEESVLEISSOP

Resep en foto: Louisa Hollenbach

  • bietjie olie
  • 2 uie, gekap
  • 2,5 ml droë gemengde speserye
  • 800 g sopbene met vleis en vet aan, in blokkies gesny
  • 4 liter water
  • 1 beesvleis aftrekselblokkie
  • 1 tuingroente aftrekselblokkie
  • ½ pakkie gemengde gort sopmengsel, afgespoel
  • 5 wortels, geskil en grof gerasper
  • 1 rooi/groen soetrissie, in blokkies gesny
  • ½ teelepel worcestersous
  • 1 ml sout
  • knypie swartpeper na smaak
  • Verhit die olie en soteer die ui en kruie tot die uie sag is.
  • Voeg sopbene by en braai tot bruin aan die buitekant.
  • Voeg die water, aftrekselblokkies, gort en wortels by en verhit tot kookpunt.
  • Draai die hitte laer en voeg die soetrissie en Worcestersous by.
  • Plaas deksel op en kook oor lae tot matige hitte vir 4 ure tot die gort sag is.
  • Geur na smaak met sout en peper.
  • Laat kook die sop sonder deksel vir nog 30 minute tot die sop dik en geurig is.
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page