Your Recipe Blog

GOEDKOOP ROOMKAAS

GOEDKOOP ROOMKAAS

Hier is ‘n resep om lekker goedkoop roomkaas te maak.

  • 2 liter Amasi

Giet die Amasi uit in ‘n kaasdoeklappie of ‘n skoon kussingsloop wat binne in ‘n sif oor ‘n skotteltjie of emmer gesit is.
Laat dit oornag sodat al die water kan dreineer.
Dit maak ongeveer 450 g roomkaas as al die water dreineer het.
Skep in ‘n houer met ‘n deksel, en hou in die yskas.

Nota:
Mens kan dit gebruik vir enige gereg of gebak in die plek van gekoopte roomkaas.
Jy kan sout, peper of selfs grasuie byvoeg vir ‘n lekker smaak.

  • Vir roomkaasversiersel:
  • 260 g roomkaas
  • 1 koppie Wooden Spoon margarien
  • 500 g versiersuiker
  • 2 teelepels vanilla geursel

Klits die botter goed vir so 5 min.
Voeg die roomkaas by en klits dan vir nog 2 min.
Voeg die versiersuiker en vanilla geursel by en klits tot goed gemeng.
Versier koeke soos verkies.

Nota:
As jy dit vir wortelkoek of kaneelbroodjies wil gebruik kan jy so halwe teelepel kaneel by die versiersuiker voeg.
Nota -Elaine Steyn
Ek doen dit al ‘n tydjie. As ek dit 2 dae los is dit soos regte roomkaas ek maak selfs kaaskoek daarmee. As jy dit te kort los is dit maaskaas.
Nota – Marie Botes
Ek doen dit al geruime tyd, baie goedkoper en werk heerlik vir kaaskoek. Jy kry ook meer uit as die gekoopte. Vind ook dat as ek dit langer in koelkas laat in die doek vir dreinering word hy ‘n heerlike dik roomkaas. Los dit so 3 tot 4 dae.
Nota – Annelie Imbrailo
Ja nee, ek doen hierdie ding al vir jare!! Dit werk fantasties. Maak die lekkerste kaaskoek, vulsels, dips, poeding ens.

Resep en 2de foto: Debbie Willemse
Foto:  Wanda Le Gassick

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page