GLUTENVRYE SJOKOLADE SPLINTER KOEKIES
Ek het vandag die lekkerste gluten vrye sjokolade splinter koekies gebak.
Die oorsponklike resep sê glutenvrye meel, maar dit was nie vir my lekker nie toe gebruik ek oatmeal, dis baie lekkerder.
- 1 koppie margarien, effens gesmelt
- 1 koppie witsuiker
- 1 koppie bruinsuiker
- 2 eiers
- 2 teelepels vanilla geursel
- ½ teelepel bakpoeier
- 1 teelepel koeksoda
- 1 teelepel sout
- 3 koppies hawermout (oatmeal -gluten vry)
- 2 koppies sjokoladesplinters
Room margarien, suiker, eiers en vanilla saam. Voeg die res van bestanddele by en meng goed.
Voeg 2 koppies sjokolade splinters by, meng en plaas in yskas vir omtrent 1 tot 2 ure.
Rol balletjies, pak op gespuite bakplaat, druk effens plat en bak teen 180º C vir omtrent 12 minute tot ligbruin.
Resep kan ook maklik gehalveer word.
Resep en foto: Marie Grobler












