Your Recipe Blog

GLUTENVRYE LENSIE- EN KAASBROODJIE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 min | Servings: 1 klein broodjie

GLUTENVRYE LENSIE- EN KAASBROODJIE

Ek het vandag besluit dit is tyd om een van die resepte op sosiale media te probeer, ek het die resep bietjie verander.
Die beste glutenvrye lensie kaasbroodjie. Geen suiker, geen gis of meel.

  • 1 koppie gaar rooi lensies
  • 2 groot eiers
  • 150 g Griekse jogurt
  • ¼ teelepel sout
  • 1 teelepel fyn knoffel
  • ½ koppie cheddar kaas
  • 1 eetlepel pietersielie, fyn gekap
  • 10 ml bakpoeier
  • 20 ml olyf olie
  • ekstra kaas vir bo-op
  • 10 ml gedroogde kruie

Kook 1½ koppie droë rooi lensies vir plus minus 30 minute tot sag. Bedek dit met net genoeg water. Ek het dit sommer in ryskoker vir 20 minute in mikrogolf gaar gemaak. Skep in vergiettes, sodat al die water uit kan loop. Lensies moet goed koud word.
Plaas nou al die bestanddele behalwe ekstra kaas en droë kruie in ‘n versapper en klits saam tot loperig. Skraap die kante van beker skoon en skep in gesmeerde broodpannetjie (25 x 13 cm). Strooi die ekstra kaas en kruie bo-oor.
Bak in voorverhitte lugbraaier teen 140 °C vir 40 minute, toets met tandestokkie of deur gaar is. Kan ook in oond gebak word.
Keer uit op afkoelrakkie sodat broodjie heeltemal koud kan word. Broodjie het ‘n baie sagte tekstuur en sny mooi wanneer koud.

Nota:
Cheddar kan met parmesaan kaas vervang word.
Enige ander droë kruie bv. roosmaryn kan bygevoeg word volgens smaak. Ons het dit geniet saam met tamatie en uiesmoor, was heerlik. Die volgende oggend het ek van die oorblywende broodsnytjies in die toaster gesit en moet sê was verbaas om te sien en proe hoe lekker dit toast. My volgende probeerslag met hierdie lensies as basis gaan “mielie muffins” wees, sal resep deel sodra ek dit gemaak het.

Resep en foto: Hettie Stoltz

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page