Your Recipe Blog

GLOUTJIE SE APIEBOTTER

GLOUTJIE SE APIEBOTTER

Nota van Alet Schoen Murray: Ek het die Apiebotter gemaak en dis heerlik. Ek is nie baie lief vir super soet nie en het net een en ‘n halwe koppie suiker gebruik, vir my is dit soet genoeg. Omdat die resep sê dit brand maklik aan het ek dit in my Masterchef wok gekook, so dit het darem nie gebrand nie.

  • 5 stewige medium grootte piesangs, sonder kneusplekke
  • 1 groot blik fyn pynappel
  • ¼ koppie fyn klapper
  • 3 koppies suiker, of na smaak
  • 3 eetlepels suurlemoensap (in bottel)

Sny piesangs fyn en voeg saam met die ander bestanddele in ‘n pot.
Verhit en roer kort-kort.  Sodra dit kook, stel die hitte laer en prut tot dik.
Roer aanhoudend, aangesien dit maklik aanbrand.
Skep in gesteriliseerde bottels en seël.
Die konfyt is baie soet, maar baie lekker.

Resep:  Gloutjie Barnard
Foto’s:  Alet Schoen Murray

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page