Your Recipe Blog

“GINGER SNAP” KOEKIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 12 - 15 minute | Servings: 22 - 24 koekies

“GINGER SNAP” KOEKIES

Ons het nou ‘n reeks van Nataniël op Showmax gekyk waar hy aan die einde van elke episode ‘n tipe kleinkoekie bak. En dit het my sooo lus gemaak vir ‘n lekker koekie om saam met koffie te eet! So nadat ek bietjie gesoek en gedink het, het ek op die resep besluit – keto ginger snap koekies. Low carb en diabeet vriendelik (die ½ teelepel molasse bevat omtrent 3 g koolhidrate maar gee ‘n pragtige kleur en smaak aan die koekies) en bevat ook nie eier nie. Hierdie is my aangepaste resep, en dis regtig lekker.🍪

  • Nat bestanddele:
  • 4 eetlepels botter of margarien
  • ½ teelepel molasse (los liefs uit as jy ‘n diabeet is en vervang met met ½ teelepel vanilla)
  • 3½ eetlepels water
  • Droë bestanddele:
  • 1 koppie sonneblomsaad meel
  • 1½ koppie amandelmeel
  • ½ koppie versoeter (soos erythritol/xylitol), na smaak
  • 1 teelepel koeksoda
  • 2 teelepels gemmerpoeier
  • 1 teelepel fyn kaneel
  • ½ teelepel neutmuskaat
  • knypie sout

Klits die nat bestanddele saam met ‘n handklitser. Voeg al die droë bestanddele by en klits tot goed gemeng. Skep teelepels vol, vorm in balletjies en plaas op bakpapier op ‘n bakplaat. Druk die koekies plat met ‘n vurk wat in water gedoop is, en bak 12 – 15 minute by 180°C.

(Hierdie resep tik omtrent elke gesondheids boksie want dis eiervry, suiwelvry en gluten vry – toevallig maar wel!)

Nota:  Salome van Dyk:
As jy nie versoeter wil gebruik nie en jy is nie ‘n diabeet nie, kan jy suiker gebruik. Die versoeters wat sy noem kan 1 tot 1 vervang word, m.a.w. 1 teelepel versoeter = 1 teelepel suiker en andersom. As jy wel ‘n diabeet is kan jy ander versoeter soos stevia gebruik, maar jy sal dan moet uitvind hoeveel, want die ratio is verskillend.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page