GIDEON SE WESKUS SNOEK
Vanaand wassit ‘n weskus snoek oppie kole.
- 1 heel snoek
- 300 g botter
- 4 eetlepels heuning
- 2 eetlepels sojasous
Smelt die botter en bestanddele om ‘n loperige pasta te vorm.
Braai die snoek met die velkant eerste op skerp kole tot dit blase vorm.
Smeer die bottermengsel met ‘n kwas aan terwyl die velkant braai.
Draai dan om en braai die vleiskant vir 5 minute of so tot gaar.
Ons het dit geniet saam met gebakte patats geniet!
- PATATS
- 4 – 5 klein patats
- 2 eetlepels botter
- 1 eetlepels heuning
- ‘n knypie chillie flakes en gemaalde peper
Pak die patats op foelie op ‘n bakplaat.
Bak die patats vooraf met ‘n bietjie olyfolie vir ‘n uur op 190°C en druk gaatjies in met ‘n vurk.
Smelt die botter, heuning en kruie en spesery na smaak saam.
Giet dan die sousmengsel oor die patats, en bedien saam met die snoek.
Foto en resep: Gideon Louw