GIDEON SE WAATLEMOEN DRANKIE
Sekerlik kan julle sien watse smoothy die is. In die warmte hier by ons was dié ysige drankie sommer nou baaaaaaie lekker en so my eie brousel.
- 3 groot snye geskilde ryp soet waatlemoen
- 100 ml koue room
- 3 hoogvol koppies roomys
Sny waatlemoen in stukkies en plaas in die vrieskas totdat byna gevries.
Voeg alles in die voedselverwerker en meng tot lekker glad en loperig.
Bedien dadelik.
Resep en foto: Gideon Louw