GIDEON SE VISKUITE – WESKUS KAVIAAR
Ekt vanaand vir die eerste keer weskus kaviaar (viskuite) gemaak en was dit nou lekker… sjoee ek gaan nooit weer ‘n viskuit laat verbygaan nie.
- viskuite
- meel
- geklitse eier
- broodkrummels
- sout en peper
- suurlemoensap
Ek het die kuite mooi skoon afgespoel en met handdoekpapier afgedroog.
Plaas dit lank-uit op ‘n plat oppervlak en sout liggies asook varsgemaalde swartpeper na smaak.
Rol dan die kuite een vir een eers in meel dan geklitste eier en dan in broodkrummels.
Ek het ‘n vuurtjie aangesteek.
Nadat dit vir omtrent ‘n halfuur in die yskas was, het ek dit tot mooi goudbruin gebak in my rooi pannetjie – omtrent vier tot vyf minute aan ‘n kant.
Ek’t dit geniet saam met vars suurlemoensap wat ek daaroor uitgedruk het en sjoee ‘n lekkerte wat skrik vir niks.
Ek kon natuurlik nie vir vroulief Rinie oorreed om ook ‘n happie te geniet nie, ek het toe die lekkerte alleen geniet en sommer ‘n fynetjie ook geniet hmmmmm.
Resep en foto: Gideon Louw