Your Recipe Blog

GIDEON SE VETKOEK

GIDEON SE VETKOEK

Vroulief het die oorskiet deeg van gister se pizzas gebruik en vir aandete vetkoeke gebak.
Ek krap toe vir my ‘n lekker grootte uit en sny sy kop af, dit was sommer klaar hol binne en ek stop dit toe vol met daai heerlike oorskiet beesstert potjie wat Saterdag oorgebly het se vleiserige sous
Sjoeeee en was dit nou djeeeeeerlik net krapjale kan so lekker smaak.

  • 4 koppies koekmeel
  • 400 ml lou water
  • 1 teelepel sout
  • 2 eetlepels suiker
  • 2 eetlepels olie
  • 1 sakkie gis (10 g)
  • olie vir diep braai

Sif alle droë bestanddele en voeg die olie by die water. Meng dan die water, olie en meel tot ‘n elastiese sagte deeg. Maak toe en laat rys tot dubbel in grootte.
Haal deeg uit op voorbereide oppervlak, deel die deeg op en maak lang worse, druk effens plat en sny in stukke van ±50 x 70 mm.
Diep braai in ‘n groot kastrol in omtrent 2 cm diep olie tot mooi bruin aan alle kante en gaar.

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page