GIDEON SE VARKWORSIE OUDURFIE
- 1 pakkie varkworsies
- roosmaryn takkies
- Sous:
- 1 suurlemoen se sap
- 1 teelepel sout
- 2 eetlepels heuning
- 2 eetlepels mosterd
Neem ‘n pakkie varkworsies en sny in 50 mm stukkies.
Ryg die stukkies op ‘n takkie roosmaryn waarvan die blaartjies rofweg afgestroop is.
Ryg dit oor die lengte van die worsie.
Pak die takkies met wors in ‘n diep bord en giet die mengsel oor.
Laat staan vir ‘n paar ure in die koelkas en draai dit intussen om.
Braai op skerperige kole vir ‘n paar minute aan ‘n kant en verf met ‘n kwassie die res van die sous oor die worsies.
Geniet hierdie djeeeeerlik geit sommer so langs die vuur.
Resep en foto: Gideon Louw













