Your Recipe Blog

GIDEON SE VARKIEOOND AARTAPPELGEREG

Recipe by
| Servings: 4-6 portions

GIDEON SE VARKIEOOND AARTAPPELGEREG

  • 4 aartappels
  • ½ pakkie sampioen soppoeier
  • 1 koppie room
  • sout, peper, ander speserye, na smaak
  • gerasperde kaas, genoeg om to bedek

Ek het hierdie aartappel gereg in my varkieoond gebak en dit was heerlik.

Nota:
Indien jy jou oond gebruik voorverhit tot 200°C.
Kook die aartappels vir 15 t0t 20 minute tot sag en sny in wiele.
Voeg sout, peper en speserye by na smaak.
Pak die wiele regop langs mekaar in ‘n klein pannetjie dan kan elkeen sy eie porsie in sy pannetjie kry.
Meng die halwe pakkie sampioen soppoeier met die koppie room tot loperig.
Ek het ‘n bietjie minder room gehad en voeg toe ‘n bietjie melk by.
Giet dan die room oor die aartappels tot die pannetjie amper vol is.
Bak in die varkieoond op ± 200°C vir 40 minute.
Dit kan ook in jou oond gebak word, maar ek verkies my varkieoond en dit is ‘n aanwins as die krag af is.
Haal dan uit en versprei gerasperde kaas oor en bak vir nog 10 minute tot die kaas gesmelt is.
Ons het dit saam met ‘n hoendermagie potjie op ‘n bed rys geniet en dit was heerlik.

Foto en resep: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page