Your Recipe Blog

GIDEON SE VARKIEOOND KOOL

Recipe by
Cook: 45 min

GIDEON SE VARKIEOOND KOOL

Ek het oor die naweek vir ons hierdie jeerlike kool in my varkie oond gebak en dit was baie lekker.
  • 1 koolkop, dwars gesny
  • foelie
  • 2 koppies kaas
  • peper na smaak
  • Aromat na smaak
  • 2 eetlepels vars knoffel
  • 3 eetlepels botter
  • 125 g spek
  • 2 eetlepels suiker

Sny ‘n koolkop oor die dwarste deur en plaas dit op groot genoeg foelie en vou die rande rondom die kool op sodat dit ‘n bakkie vorm rondom die halwe kool (ek’t die boonste deel van die kool gebruik en nie die onderste stamdeel nie).
Sny met ‘n skerp mes ‘n paar snye van bo af in die kool nie heel deur nie sodat die botter lekker kan intrek.
Sprinkel Aromat oor na smaak asook peper.
Sny vars knoffel fyn en strooi twee gekerfde eetlepels knoffel oor die kool.
Neem drie eetlepels botter en plaas dit in stukkies bo-oor.
Kerf ‘n halwe pakkie spek fyn en sprinkel oor die kool en strooi ook twee eetlepels suiker oor.
Bedek met ‘n lagie foelie.
Ek’t dit in my varkie oond gebak teen ongeveer 180°C vir 45 min.
Haal dan die foelie af en sprinkel twee koppies gerasperde kaas bo oor.
Plaas terug in die oond en bak vir ‘n verdere halfuur sonder die foelie bo oor.
Verwyder uit die oondjie en plaas die kool op ‘n bord en sny in stukke.

Nota:
My wysvinger se punt is nog potblou en het amper in die slag gebly.
Was djeeeeerlik.
Hier is ‘n foto van voor die kaas oorgestrooi is en na dit klaar gebak is.

Resep en foto:  Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page