Your Recipe Blog

GIDEON SE VAAL SULT

GIDEON SE VAAL SULT

Ek het gister die vaal sult gemaak en raai net van wat?
Ek het varkvelle waarmee ek altyd “cracklings “maak asook ‘n bietjie vark skenkel kookvleis gebruik.
Dit is vir my nogals lekker om van iets goedkoop iets lekkers te maak want die was baie lekker en daar is ‘n klomp vir min geld.
Die groot geheim vir my is dit moet skoon wees en dit is wat my oorle moeder my geleer het jou kos moet skoon wees.
  • 2 kg skoongemaakte varkvelle, ek’t sommer die wat ek altyd aftrek van die varkstertjies ook bygesit
  • 1 kg vark skenkel kookvleis
  • 3 liter water
Kook die vleis velle en water vir omtrent twee ure tot sag en skep skuim af indien daar is.
Laat dit afkoel en verwyder alle bene.
Sny die velle en vleis in baie klein stukkies met ‘n tullen skêr (dis nogals tydsaam) en plaas alles weer in die sous.
Bring die mengsel tot kookpunt.
  • Voeg die volgende speserye by:
  • 1 eetlepel rissievlokkies
  • 2 eetlepels sout
  • 2 eetlepels Italiaanse kruie
  • 2 eetlepels fyngemaakte knoffelvlokkies
  • 1 eetlepel wit peper
  • ½ koppie asyn

Kook stadig vir nog ‘n uur en proe gereeld sodat jy dit na jou smaak kan kry en laat afkoel.
Omdat ek so baie gemaak het, het ek dit in 1 kg leë jogurt houers geskep en in die yskas laat stol.
Dit het baaaaie mooi gestol en kom maklik uit die houers uit.
Ek’t amper 5 houers vol gemaak en dis djeeeeeerlik.

Nota:
Die volgende kooksel gaan ek kerrie.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page