GIDEON SE UIERINGE
- 2 uie, geskil en in ringe gesny
- 1 koppie koekmeel
- ½ koppie water
- 1 geklitste eier
- 1 teelepel sout
- 25 ml suiker
- 2 eelepels bakpoeier (klink baie maar is reg)
- 1 eetlepel botter
Smelt die botter en die suiker.
Voeg die sout, meel, water en eier om die beurt by en roer goed om klonte te vermy.
Voeg die bakpoeier heel laaste by.
Beslag behoort ‘n gladde dikkerige tekstuur te hê.
Doop die uieringe in ekstra meel, skud die ekstra meel af en doop dan die ringe een-vir-een in die beslag.
Laat die ergste oortollige beslag afdrup.
Diepbraai die ringe in warm olie tot mooi goudbruin en dreineer op handoekpapier.
Resep en 2de foto: Gideon Louw
Foto: Susanna Kruger