Your Recipe Blog

GIDEON SE UIEBALLE

GIDEON SE UIEBALLE

Resep en foto: Gideon Louw

Ek het vir my en vroulief hierdie heerlike uieballe gemaak in my rooipannetjie oppie kole en dit was baaaaaie lekker!!

  • klein uitjies
  • 1 koppie koekmeel gemeng met speserye van jou keuse
  • 2 eiers geklits
  • fyn broodkrummels
  • olie om in te braai
  • Skil ‘n klompie klein uietjies. Sny dit in segmente, nie heeltemal deur nie en maak die skywe effe oop.
  • Meng ‘n koppie koekmeel met jou gunsteling speserye en rol die uie daarin.
  • Klits twee eiers liggies en rol die uie daarin na dit in die meel gerol is.
  • Rol die uie daarna in fyn broodkrummels en bak dit in warm olie tot oral mooi goudbruin en krakig
  • Dreineer op handoek papier en geniet dit as ‘n oudurfie of saam met jou braaivleis

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page