Your Recipe Blog

GIDEON SE TWISTERS

GIDEON SE TWISTERS

Ons het die twisters gemaak vir ‘n middag oudurfie – Was baie lekker!

  • 2 velle skilferkorsdeeg
  • genoeg chilliesous om een vel mee te smeer
  • 1 koppie gerasperde Chedder kaas
  • 1 koppie gerasperde mature Cheddar kaas
  • 1 bakkie roomkaas, salm geur

Rol een vel deeg op ‘n meeloppervlak effens uit sodat dit nog altyd reghoekig bly.
Smeer die hele deeg vel met chilliesous.
Meng die kase en strooi oor sous.
Rol of druk kaas effens plat.
Rol ander vel deeg sodat dit net so groot is as die eerste een en smeer met die roomkaas.
Plaas vel met roomkaas bo-op vel met ander kase sodat kase teenmekaar is.
Rol effens met ‘n roller plat.
Sny omtrent 20 tot 25 mm breë stroke, ek het sommer my pizza snyer gebruik.
Druk punte effens vas en rol punte versigtig in teenoorgestelde kante.
Pak in ‘n oondpan wat uitgevoer is met bakpapier.
Bak vir 20 min op 200 ºC in voorverhitte oond of tot mooi goudbruin en gaar.
Bedien saam met ‘n dip van jou keuse.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page