Your Recipe Blog

GIDEON SE TUISGEMAAKTE PIZZA

Recipe by
Cook: 4 - 5 minute

GIDEON SE TUISGEMAAKTE PIZZA

Darem maar niks lekkerder as ‘n tuisgemaakte pizza nie.  Hmmmmm ryk en lekker.

  • Deeg:
  • 4 koppies koekmeel
  • 400 ml louwarm water
  • 2 eetlepels kookolie
  • 10g droë kitsgis
  • ½ teelepel sout
  • 2 eetlepels suiker
  • Vulsel:
  • gerasperde Cheddar kaas
  • gerasperde Mozzarella kaas
  • salami wieletjies
  • gesnipperde rooirissies, in olyfolie geweek
  • rocket blare

Deeg:
Meng al die droë bestanddele saam.
Voeg olie by die water.
Voeg watermengsel by droë mengsel en knie tot ‘n elastiese deeg.
Plaas in ‘n ligte geoliede bak en bedek.
Laat dit rys op ‘n warm plekkie tot dubbel so groot.
Knie af en verdeel in stukkies.
Rol lekker dun (3 tot 4 mm) uit.
Plaas deeg in gespuite oond pannetjie.

Vulsel: 
Plaas lagie Cheddar kaas gevolg deur ‘n lagie Mozzarella kaas op deeg.
Pak toe met salami wieletjies asook gesnipperde rooirissies.
Bak vir ongeveer 4 tot 5 minute in vooraf verhitte oond.
Garneer met rocket blare en geniet.

Foto en resep:  Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page