GIDEON SE TAMATIE OUDURFIE
Hi julle ek het gistraant ‘n ietsie wou maak virre oudurfie, maar wou toe nie met aartappel spartel nie en gryp toe ‘n groot tamatie en sny dit in dunnerige skywe en besprinkel dit met ‘n bietjie meel om die ergste sous te absorbeer.
Ek maak toe my ou staatmaker beslag en dompel die tamatie skywe daarin en bak dit in vlak warm olie vir ‘n paar minute aan beide kante tot mooi goudbruin en dit was iets anners wat baaaie lekker is.
Probeer dit gerus.
- 1 groot tamatie
- Beslag:
-
1 koppie koekmeel
-
2 eetlepels botter, gesmelt
-
1 eetlepel suiker
-
1 teelepel bakpoeier
-
1 teelepel sout
-
1 koppie melk
-
1 eier, effe geklits
Plaas die sout, suiker en botter in die houer en smelt in mikrogolf oond. Laat afkoel en klits die eier daarby.
Meng die meel en melk geleidelik by en meng die eiermengsel in saam met alle bestanddele tot ‘n redelike stywe loperige beslag.
Doop elke sny tamatie in die beslag en braai in warm olie tot mooi bruin.
Doop elke sny tamatie in die beslag en braai in warm olie tot mooi bruin.
En siedaar.
Resep en foto: Gideon Louw
Category: