GIDEON SE SPRINGER-VISKOEKIES
Ek het vanaand viskoekies gebak en dit was heerlik! Jy kan enige tipe vis gebruik. Ek het platvis/springervis gebruik. Ek het ook ‘n bietjie gekapte pietersielie en ‘n eetlepel sweetchilliesous bygesit.
- 400 g gebraaide, gevlokte vis
- ½ koppie smash aartappels, gaar
- 1 klein tot medium ui, gerasper
- 15 ml pietersielie, fyngekap
- 2 huisies knoffel, gekerf
- 5 ml suurlemoensap
- 5 ml bakpoeier
- 1 klein eier, effe geklits
- meel om viskoekies in te rol
- olie vir vlakbraai
Meng al die bestanddele goed en maak nie te groot balletjies wat effe platgedruk is en rol in die meel. Plaas in die koelkas vir omtrent ‘n halfuur.
Bak in vlak olie omtrent 5 minute aan ‘n kant tot goudbruin.
Plaas op dreineerpapier om van die oortollige olie ontslae te raak.
Nota:
Ek het dit saam met sweet chilliesous geniet en was dit nou lekker.
Baaaaaie lekkerder as blikkie viskoekies, gaan dit beslis weer doen.
Nota: Ek het vanaand vir ons viskoekies gebak, maar in plaas van die springer vis het ek gebraaide snoek gebruik en dit was heerlik!
Resep en foto: Gideon Louw