Your Recipe Blog

GIDEON SE SPEKROLLETJIE APTYTWEKKER

GIDEON SE SPEKROLLETJIE APTYTWEKKER

Hoeveelhede na gelang van die hoeveelheid rolletjies wat jy wil maak.

  • snytjies witbrood sonder korsies
  • lang repe kaas
  • skyfies tamatie
  • soet rissiesous
  • repies spek
  • Jimmysous

Rol ‘n sny witbrood plat met ‘n roller en smeer met ‘n bietjie soet rissiesous.
Plaas ‘n skyfie kaas daarop asook ‘n skyfie tamatie.
Rol dit dan op en draai die hele rolletjie toe met ‘n repie spek of twee.
Braai dit stadig op redelike skerp kole tot goudbruin terwyl dit met bietjie Jimmysous gesmeer word.

Idee geplaas deur Gideon Louw
Foto:  Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page