Your Recipe Blog

GIDEON SE SPEK BRAAIBROODJIE

GIDEON SE SPEK BRAAIBROODJIE

Gistraant se braaibroodjie was iets anners en was baaaaie lekker, ons het dit sommer saam met gebraaide lamstjops geëet.

  • snytjies brood
  • mayonnaise
  • soet rissiesous
  • kaas
  • repies spek

Neem soveel jy wil maak snye brood en rol dit dun uit met ‘n koekroller.
Smeer elke sny met ‘n lagie mayonaise gevolg met ‘n lagie soet rissiesous.
Plaas ‘n lekker moot kaas op die een punt van die sny en rol dit op.
Moenie skaam wees vir die kaas nie, want dit is die murg van jou broodtjie.
Rol elke rolletjie brood met twee repies spek toe.
Ekt ‘n pakkie spek opgebruik because I❤️BACON!
Braai op stadige kole sodat die kaas lekker kan smelt en trou met die sous, brood en die spek.
Braai tot mooi bruin en krakerig.
Dit is liplekker – Kyk hoe loer die kaas vir jou.

Idee en foto:  Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page