GIDEON SE SAMPIOENE MET SPEK
Ons het gisteraand hierdie sampioen- en spek sosatie gemaak vir ‘n bykos saam met die ontbeende lamsribbetjie rol.
- ± 14 knoppie sampioene, liggies geprik
- 7 spek repies, middeldeur gesny
- Marinade:
- ½ koppie olyfolie
- 1 teelepels sout
- swart peper na smaak
- 2 eetlepels gekneusde knoffel
- 1 eetlepel Dijon mosterd
- sosatiestokkies
Meng die marinade bestanddele saam.
Laat lê kleinerige sampioene wat liggies geprik is al in die rondte in die mengsel van olie vir omtrent twee ure.
Neem ‘n repie spek en sny dit in die helfte en draai die spek om die geweekte sampioene, ryg op ‘n sosatie stokkie.
Doen so vier sampioene op ‘n stokkie en braai op die kole tot goudbruin en geniet.
Djeerlik !!!
Resep en foto: Gideon Louw