GIDEON SE SAMPIOEN-EN-SPEK ROLLETJIES OPPIE-KOLE
Ek en Vroulief het vanaand ‘n báááááie lekker braai gehad. Ons ‘oudurfie’ was gemaak van ‘n oorskiet stukkie blaardeeg wat gevries was. Vroulief het die hééééérlikste vulsel vir die deeg voorberei. Die rolletjies was ‘flippen djeeeerlik’!
- ½ rol blaardeeg (puff pastry)
- ‘n paar fyngekerfde sampioene
- ‘n klein, fyn gekerfde, ui
- ± ¾ koppie gekapte spek
- 1 eetlepel mayonnaise
- ½ eetlepel blatjang
- ½ teelepel chillieflokkies
- ½ teelepel Italiaanse kruie
- 2 teelepels suiker
- ½ teelepel knoffelvlokkies
- ¼ teelepel swartpeper
- geklitste eier vir eiersmeer
Ontdooi die deeg, en rol lekker dun uit en verdeel in twee.
Smoor die sampioene, ui en spek vir ‘n paar minute tot die vloeistof weggekook is.
Voeg alle ander bestanddele by en meng goed.
Plaas van die mengsel op die deeg waarvan die rante met geklitste eier gesmeer is en rol dit toe.
Druk die rante vas met ‘n vurk.
Braai op stadige kole omtrent vir ‘n ¾ uur tot die deeg gaar en mooi goudbruin is aan albei kante.
Resep en fotos: Gideon Louw