GIDEON SE ROOIPANNETJIE HOENDERKOEKIES
Resep en foto: Gideon Louw
Ek het gistraant hierdie hoenerkoekies in my rooipannetjie oppie kole gemaak en was baaaaie lekker.
Ek het gistraant hierdie hoenerkoekies in my rooipannetjie oppie kole gemaak en was baaaaie lekker.
- 500 g hoenderborsies, in klein stukkies gesny
- 3 eiers
- ½ ui, fyn gekerf
- 100 g koekmeel
- 100 g gerasperde kaas
- 3 eetlepels mayonnaise
- 1 teelepel peper
- 1 teelepel sout
- 1 teelepel paprika
- 1 teelepel rissievlokkies
- 1 eetlepel knoffelflokkies
- handvol gekapte seldery
- olie om in te braai
- Meng alles saam in ‘n mengbak.
- Plaas olie in ‘n vlak pannetjie op die olie en laat lekker warm word, maar nie TE warm nie.
- Skep eetlepels vol van die mengsel en bak in warm olie op die kole aan beide kante vir ‘n paar minute tot mooi goudbruin en gaar.
Category:












