Your Recipe Blog

GIDEON SE POTBROOD MET ALTENATIEWE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 1 uur | Servings: 1 brood

GIDEON SE POTBROOD MET ALTENATIEWE

Alternatiewe:
Dit is ons gewone deegresep waar ‘n koppie gerasperde kaas, ‘n pakkie bacon wat vooraf gaargemaak en gesnipper is asook twee teelepels droë knoffel saam met die deeg in geknie is.
Die deeg word dan opgedeel en groterige balle gemaak wat in ‘n halwe koppie gesmelte botter gerol word en dan in die pot gepak word en dan oppie kole gebak word.
Vir die roosterkoek het ek die deeg nadat dit geknie en gerys het platgedruk en ‘n blokkie kaas in die middel gesit en dit toegevou en doodgewoon saam met die ander koeke gebraai.

  • 4 koppies koekmeel
  • ½ teelepel sout
  • 10 g droë kitsgis
  • 2 eetlepels suiker
  • 2 eetlepels kookolie
  • ± 400 ml lou water

Sif meel en sout in ‘n mengbak, voeg suiker en kitsgis by en meng deeglik, voeg olie by asook water sodat ‘n sagte deeg te vorm. Knie deeg af tot glad en nie meer klewerig is nie, plaas in ‘n ligte geoliede bak en bedek, plaas op ‘n warm plek totdat dit dubbel in groote is.
Maak ‘n holte in deeg en druk weer toe nadat gesnipperde uie en gerasperde kaas en crushed garlic ingesit is, plaas in platboom pot met toegevoude kant onder. Plaas op matige kole met ‘n paar kole bo op deksel vir ± 1 uur, sny ‘n ligte kruis bo op deeg voor begin gaar maak.

Foto met kaas:
Ek en vroulief het vanaand die heerlike potbrood aanmekaar geslat sjoeeee dit was lekker. Ons het die basiese broodresep gebruik en dit gedress met knoffelbotter en kaas nadat dit klaar gaar is. Ons het kepe ingesny en die knoffelbotter en kaas in die kepe gevryf en toe weer ‘n rukkie gebak.

  • Foto met die olywe:
  • 1 koppie olywe, ontpit en gekerf
  • 3 takkies tiemie se blare, afgetrek
  • 3 takkies roosmaryn se blare, gekap
  • 30 ml olyfolie
  • 3 vingers knoffel, gekap (ek’t sommer 5 gebruik)
  • 1 koppie kaas, gerasper

Meng alles saam behalwe die kaas.
Rol die deeg uit tot omtrent 10 mm dik in ‘n reghoek en smeer die mengsel daaroor en strooi die kaas oor.
Rol die deeg op soos ‘n koek en sny dit oor die lengte.
Plaas die deeg in ‘n gespuite swartpot met die snykant na bo en rol dit op in die pot, gevolg met die oorblywende deeg om die sirkel te voltooi.
Laat dit dan in die pot rys tot dubbeld in volume en bak op stadige kole en ‘n paar kole op die deksel vir 1 uur tot gaar.
Doen die stokkie toets.
Sy het dié resep effe aangepas deur nie die brood te rol nie maar net ‘n bal te maak en ook ‘n bietjie garnering aangepas met olywe, roosmaryn, tiemie en pietersielie.

Resep en foto’s: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page