GIDEON SE MINI FRIKKADELLE
Ek’t die minidelletjies aanmekaar geslat vir vannaand oppie kole in my pannetjie.
Ek’t ook ‘n dippie aangemaak om saam met dit te geniet.
- 500 g lamsmaalvleis, selfgemaak
- 1 eier
- 1 eetlepel droë pietersielie
- 1 teelepel sout
- 1 teelepel peper
- ½ koppie broodkrummels, selfgemaak
- 2 eetlepels Sriracha sous
- 3 eetlepels Worcestersous
- 2 eetlepels sweet chillie sous
- ½ medium groot ui, fyn gekap
- bietjie fyngekapte tiemie
- bietjie vars fyngekapte pietersielie
- bietjie olie om in te bak
Meng alles saam, behalwe die olie en maak klein balletjies omtrent so groot soos ‘n groterige albaster.
Ek gaan dit oppie kole in my pannetjie bak in die olie, maar kan ook op die stoof gedoen word.
- Doopsous:
- 3 eetlepels sweet chillie sous
- 3 eetlepels mayonnaise
- 2 eetlepels Sriracha sous
- 1 eetlepels blatjang
Meng alles saam en bedien saam met die frikkadelletjies.
Nota:
Ons gaan tandestokkies gebruik om die minidelletjies in die sous mee te doop.
Resepte en foto: Gideon Louw












