GIDEON SE LEKKER VARK SOSATIES
Lekker vark kerriesosaties self gemaak.
- Maak eers ‘n marinade soos volg:
- 1 eetlepel mild spicy kerriepoeier
- 1 teelepel sout
- 1 teelepel rissievlokkies
- 1 eetlepel borrie
- 2 eetlepels suiker
- 1 teelepel gemaalde swartpeper
- 2 eetlepels appelkooskonfyt
- 2 eetlepels suurlemoensap
- 2 eetlepels baltjang
- 3 eetlepels olyfolie
- Vir die sosaties:
- blokkies vark vleis
- stukkies rooi en groen soetrissie
- stukkies uie
- sosatie stokkies
Meng alles goed saam.
Sny jou keuse varkvleis in blokkies en meng met die marinade.
Laat staan vir 48 uur in koelkas.
Gebruik stukkies groen en rooi soetrissies asook stukkies uie en ryg om die beurt op ‘n sosatie stokkie saam met die blokkies vleis.
Pak in ‘n bak wat goed seël en gooi die sous wat oor is weer oor die sosaties.
Laat so lê tot wanneer gebraai word.
Resep en foto: Gideon Louw