GIDEON SE LEKKER MURGBENE MET KRUMMELPAP
Ek het al lankal gewonder hoe dit gaan smaak en toe moet dit maar kry. Ek het murgbene gaargemaak. Ek krummelpap gemaak en die uitgehaalde murg bo-oor die krummelpap geskep.
- 10 stukkies gesnyde beesmurgbene
- sout
- swartpeper
- olyfolie
- knoffelvlokkies
- bietjie Worcestersous
Bedek ‘n bakplaat met foelie en pak die murgbene daarop.
Besprinkel met sout, swartpeper, olyfolie, knoffelvlokkies en ‘n bietjie Worcestersous.
Bak in ‘n voorverhitte oond op 180ºC vir 20 minute.
Bedien saam met krummelpap.
Resep en foto: Gideon Louw