Your Recipe Blog

GIDEON SE KREEFSTERTE

GIDEON SE KREEFSTERTE

Ek’t ‘n paar krefies bekom en vir ons ‘n kreef kelkie gemaak en was djeeeerlik!

  • 5 gaar kreefsterte, skoongemaak en in blokkies gesny
  • 3 eetlepels mayonnaise
  • 1 eetlepels soet rissiesous
  • 1 eetlepel Worcestersous
  • 1 eetlepel suiker
  • klein ui, fyngekap
  • klein tamatie, in stukkies gekerf
  • bietjie sout en peper, na smaak
  • ‘n paar blare vir garnering

Sny die kreef in die middel deur, haal die kis gedeelte uit en maak die dop skoon binne.
Meng alle bogenoemde bestanddele en vul die dop daarmee en garneer met blare.
Byt dan die beentjies wat aan die karkas is oop en suig die heerlike vleisies uit nadat die heerlike vulsel op geëet is.
Hmmmmmmmmm!

Hoe om die kreef gaar te maak:
En elke ou soen maar sy vrou op sy eie manier, my manier is om die kreef gaar te stoom.
Ek plaas ‘n stuk sifdraad binne my groot swartpot waarop ek die rou krewe pak met ‘n bietjie water in die pot om stoom te kan maak.
Die water word eers vooraf gekook en dan sodra dit kook pak ek die krewe op die sif m.a.w. die krewe is nie gedompel in die water nie, sodra die water dan begin stoom as die krewe in gepak is stoom ek dit vir 10 tot 15 min, haal uit en bedek met ‘n sopnat handoeklap tot dit afgekoel is, dit voorkom dat jou kreef uitdroog.
Baie mense sê jy moet sout of seewater gebruik, maar dit maak nie vir my sin soos in my geval nie want stoom is tog maar suiwer water en die sout bly dus agter sodra jy dit begin stoom.

2de Foto: Gideon Louw
Ekt vir my en vroulief ‘n lekker namiddag kelkie gemaak met kreefstertjies.
In plaas van ‘n kreefkarkas soos in die resep het ek rooi spinasieblare (blare het ‘n rooierige kleur) gebruik om die bakkies mee uit te voer.

3de Foto: Gideon Louw
Gistraand se kreefkelkie was djeeeerlik.
Ons het dit vir ‘n oudurfie gehad en daarna steak met chips en mengelslaai gehad.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5