GIDEON SE KLEIN SOUTTERTJIES
- Broodmengsel:
- 4 snye brood
- 1 koppie melk
- ¼ koppie botter
Week die brood in die melk en voeg die botter by.
Smelt alles in die mikrogolf oond vir vyf minute haal uit en klits die mengsel sodat dit ‘n dik pasta is.
- Smoormengsel:
- 2 gekerfde uie
- 1 pakkie (250 g) spek stukkies
- 250 g sampioene
- ½ – 1 teelepel swartpeper
Smoor die uie, spek stukkies en sampioene saam tot dit droog is. Voeg die swartpeper by.
- Res van bestanddele:
- 3 geklitste eiers
- 2 koppies gerasperde kaas
- 1 desert lepel droë mosterd
- 1 teelepel chillie vlokkies
- 1 blikkie weense worsies, in wieletjies gesny (hou die “brine”)
Meng die smoormengsel en die broodmengsel saam.
Voeg dan die res van die bestanddele by, asook die “brine”.
Meng alles saam, skep in muffin pannetjies en bak in ‘n voorverhitte oond op 180 ºC vir 45 min!
Foto en resep: Gideon Louw