GIDEON SE KFC
- 8 tot 10 stukkies hoender – heel boudjies en dytjies, gehalveer (Hulle was redelik groot dye)
-
2 koppies suurmelk (Sommer self gemaak, want ek hettie karringmelk gehad nie)
-
1 eetlepel Italiaanse kruie
-
1 eetlepel sout
-
1 eetlepel gemaalde swartpeper
-
1 teelepel brandrissie vlokkies
-
2 blokkies van Albos se Knorr “Tom Yum Broth cubes”
- olie vir diepbraai
- Deeg:
- 2 koppies koekmeel
- 1 teelepel rooipeper
- 1 eetlepel sout
- 2 teelepels paprika
- 1 eetlepel matige kerriepoeier
- 1 teelepel gemaalde swartpeper
Meng al die bestanddele saam en giet dit oor die hoenderstukkies sodat dit bedek is en laat staan vir ten minste vier ure.
Meng die meel, rooipeper, sout, paprika, kerriepoeier en ook ‘n gemaalde swartpeper.
Meng goed in ‘n plastiek sak.
Skud die hoenderstukkies se ergste sous af.
Skud dan die hoenderstukkies in die meelmengsel, sodat dit goed bedek is.
Pak appart in ‘n bak en laat staan vir ten minste ‘n halfuur.
Bak die stukke in baie warm olie in jou rooi pannetjie wat halfvol bak olie is.
Bak vir 10 minute aan een kant en ook 10 minute aan die ander kant.
Nota:
Moenie te veel stukkies op ‘n slag in die pan sit nie, bedek net die bodem en sorg dat die olie goed warm bly.
Vroulief het ‘n mayonnaise doopsous gemaak en dit was heeeeerlik saam met ‘n souserige rooikool slaai en ‘n worsie en O, ja ook ‘n skeppie van ons tuisgemaakte ingelegde kweper.
Dit was fingerlek lekker ek belowe.
Resep en foto: Gideon Louw