Your Recipe Blog

GIDEON SE KERRIENOEDELSLAAI

Avatar photo
Recipe by
Cook: 10 minute

GIDEON SE KERRIENOEDELSLAAI

Ek het vanaand vir ons die heeerlike noedelslaai gemaak.

  • 4 koppies skulpie noedels
  • 1 teelepel sout
  • 1 groot ui, gekerf
  • 1 groen soetrissie, gekerf
  • 1 eetlepel “mild en spicy” kerriepoeier
  • 3 eetlepels tamatiesous
  • ½ koppie suiker
  • ½ koppie asyn
  • ½ koppie olyfolie
  • ½ teelepel fyn swartpeper
  • 1 eetlepel aromat
  • 1 eetlepel borrie

Kook die skulpie noedels in water vir 10 minute op hoë temperatuur saam met die sout, water af na die 10 minute.
Meng die uie en soetrissieblokkies saam in ‘n slaaibak.
Meng al die ander bestanddele saam en voeg saam met die noedels en meng goed.
Laat afkoel en plaas vir ‘n paar ure (2) in koelkas.
Garneer met gekapte pietersielie blare.

Nota:
Dit is ghoof.
Ons het dit saam met ‘n lekker sappige gebraaide varknek tjop en ‘n gevulde gebraaide groot bruin sampioene geniet.

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page