Your Recipe Blog

GIDEON SE KERRIE KLAPPERMELK HOENDER

Recipe by
Cook: 90 minute + ekstra vir bruinmaak

GIDEON SE KERRIE KLAPPERMELK HOENDER

Met vroulief wat nie tuis is nie, bak en brou ek darem nou te lekker. Ek het vir vanaand hierdie heerlike hoener gaargemaak

  • 8 porsies hoender, boudjies en dye skoongemaak
  • 1 blikkie 400 ml klappermelk
  • 1 eetlepel “mild en spicy” kerriepoeier
  • 1 eetlepel knoffelvlokkies
  • 1 eetlepel borrie
  • 1 eetlepel paprika
  • 1 eetlepel sout en peper, gemeng
  • 1 teelepel rissievlokkies
  • 2 eetlepels suiker

Plaas die hoenderstukkies in ‘n oondvaste bak.
Meng res van die bestanddele goed saam, en giet dit oor die hoender, bedek die bak met foelie.
Bak in ‘n voorverhitte oond vir 90 min op 180 grade˚C.
Verwyder die foelie en braai vir ‘n paar minute tot mooi bruin in die oond.

Nota:
Ek het die hoender bedien op ‘n bed basmati rys wat ek gekook het en daai rys en sous was djeeerlik.
Ekt ook saam met dit gebakte aartappelstukkies voorgesit.

Resep en foto’s: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page