Your Recipe Blog

GIDEON SE KASERIGE OUDURFIE

Recipe by
Cook: 20 minute

GIDEON SE KASERIGE OUDURFIE

Ek was lus vir ‘n kaserige oudurfie en slaan toe hierdie heerlike bedryfie aanmekaar.
En lekker was dit sowaar.

  • 1 koppie Mozzarellakaas, gerasper
  • 1 koppie Chedderkaas, gerasper
  • 2 eetlepels Bloukaas, gekrummel
  • 1 eetlepel knoffelvlokkies, fyngemaal
  • 5 huisies knoffel, fyngedruk en gemeng met ‘n bietjie olyfolie
  • 2 klein eiers
  • 1 eetlepel koekmeel

Meng al die bestanddele saam.
Spuit ‘n platboompot met kleefwerende sproei.
Plaas mengsel in die platboompot en druk plat sodat dit orals ewe dik is.
Bak vir ongeveer 20 minute by 180°C met kole bo-op die pot se deksel.
Laat dit effens afkoel en maak liggies los.
Laat dit uit die pot gly op ‘n bord of plank en laat nog effens afkoel. Verdeel in skyfies.

Dit was ‘n heerlike oudurfie saam met ‘n glasie witwyn en ‘n jinewertjie.

Resep en fotos: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page