GIDEON SE KAAS, SPEK EN BOEREWORS PAKKIES
Ek kannie onthou of ek die met julle gedeel het nie. Ons het dit die naweek by Liezl gemaak en was djeeeerlik. Dit was sommer ghoofies.
- boerewors van jou keuse
- kaas, in blokkies gesny
- spek repies
- Jimmy sous
Neem een pakkie gewone boerewors en maak dit af in kort stukkies omtrent 60 tot 70 mm deur dit op te wen en af te knip sodat die punte mooi afgerond is.
Sny ‘n mooitjie kaas en plaas dit langs die worsie en draai dit toe met ‘n repie spek.
Braai dit dan tot mooi goudbruin en smeer met ‘n bietjie Jimmy sous terwyl jy braai aan alle kante.
Resep en foto: Gideon Louw