GIDEON SE KAAS EN UIE BROOD
Resep en foto: Gideon Louw
Ek het gisteraand hierdie heerlike broodtjies in my varkie oond gebak en dit was baie lekker.
- 1 groot ui geskil en in ringe gesny
- 1 koppie gerasperde kaas
- 4 koppies koekmeel
- 400 ml lou water
- ½ teelepel sout
- 1 eetlepel olyfolie
- 1 eetlepel suiker
- 1 klein pakkie gis. ( 10g )
- Sif alle droë bestandele en meng alle bestandele in ‘n mengbak behalwe die kaas en uie.
- Knie dit tot ‘n elastiese deeg op ‘n meel area en laat staan onder ‘n doek vir ‘n uur.
- Deel die deeg in twee ewe groot dele en rol effe oop.
- Deel die uie en kaas in twee. Vir twee pannetjies.
- Plaas die uie en kaas in die middel en vou die deeg rondom die kaas en uie toe.
- Plaas van die gesnyde uieringe al in die rondte regop teen die pan se rand en plaas die toegerolde deeg met die naatkant onder in die twee pannetjies.
- Plaas ook uie ringe bo-op die deeg en laat staan vir ‘n uur om te rys.
- Ek’t my varkie oond opestart en warm gemaak tot omtrent 180ºC.
- Plaas die panne in die oond en bak vir 40 min.
- En siedaar ‘n djeeeeeerlik vars uie en kaas brood
As jy nog meer lekker wil hê smeer die snytjies met kaassmeer en geniet.
Category:


