Your Recipe Blog

GIDEON SE INGELEGDE KOEJAWELS

GIDEON SE INGELEGDE KOEJAWELS

Ekt ‘n bietjie koejawels ingelê en dit het baaaie mooi gekom.

  • 3 kg koejawels, geskil en halveer
  • suiker
  • water
  • 1 eetlepel suurlemoensap

Gebruik een deel suiker op twee dele water en verhit tot die suiker opgelos is en bring tot kookpunt.
Voeg die geskilde koejawels by en bring weer tot kookpunt.
Kook vir 20 min tot net sag en nie pap nie en voeg die suurlemoensap by en roer liggies.
Bottel warm in gesteriliseerde flesse.

Ons het vanoggend ‘n bietjie koewawels ingele.

  • 2 kg geskilde en gehalveerde koejawels
  • 1 kg suiker
  • 1 liter water

Los die suiker in die water op deur die water stadig tot kookpunt te bring
Voeg die koejawels by en kook vir ‘n verdere 15 min moenie te lank kook nie dan raak dit papsag.
Dit moet nog ferm wees.
Bottel warm in gesteriliseerde flesse.
Ons gebruik kleinerige flesse om sommer die potjie leeg te maak as dit eers oop is.

Foto en resep: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5