GIDEON SE HOENDERVLERKIES
Ek het gister hierdie lekker hoendervlerkies op stokkies geryg en dit vir 8 ure laat lê in ‘n sousie wat bestaan uit:
- ½ ui, fyn gekerf
- 3 eetlepels Worcestersous
- 3 eetlepels olyfolie
- 1 teelepel sout
- 1 teelepel “Italian herbs”
- 1 eetlepel suiker
- 2 eetlepels heuning
- 1 teelepel swartpeper
- 1 eetlepel knoffelvlokkies
- 1 teelepel braaisout
Meng al die bestanddele saam en plaas die vlerkies in die bak, laat marineer vir 8 ure.
Braai op stadige kole tot lekker gaar.
Nota:
Ons het dit geniet saam met mangoslaai, gekookte en gekneusde aartappel met knoffel sousie en stukkie chakalaka wors.
Resep en foto’s: Gideon Louw
Category: