Your Recipe Blog

GIDEON SE HOENDERSULT

GIDEON SE HOENDERSULT

Ek het gister ‘n hoener heel gekook en ‘n bietjie van dit gebruik om te kyk of ek hoener sult kan maak en dit is nogals baie lekker.

  • 1 hoender
  • speserye na smaak

Kook die hoender tot sag met die keuse van jou spesery.
Ek het sout, peper, knoffelvlokkies en rissievlokkies gebruik na my smaak.
Ek het die hoenderstukke wat ek gebruik het, ontbeen en terwyl dit warm is, gemeng met die souserigheid in die kastrol.
Dit in my klein broodpannetjies wat gespuit is, gegiet tot omtrent ‘n derde vol.
Dit word dan lekker styf vasgedruk, veral in die hoekies tot dit mooi gelyk bo-op is.
Laat staan tot dit afgekoel is en plaas oornag in die koelkas.
Sny met ‘n dunlem messie al in die rondte los en dop uit op ‘n snyplank.
Dit is heerlik net so skoon of op ‘n sny brood met konfyt op.
Hmmm!

Resep en foto’s:  Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page