Your Recipe Blog

GIDEON SE HOENDERMAGIES IN ‘N POTJIE

Avatar photo
Recipe by
Ongeveer 3 ure

GIDEON SE HOENDERMAGIES IN ‘N POTJIE

Ek en vroulief het vanaand hierdie heeeeeerlike hoener magie potjie opgestaart en ek dink nie jy kan lekkerder kry as dit nie.
  • 2 kg skoongemaakte hoenermagies wat vir 3 ure in asynwater gelê het
  • 300 ml room
  • 3 uie, gekerf
  • 1 eetlepel sout
  • 1 eetlepel rissievlokkies
  • 1 eetlepel knoffelvlokkies
  • 1 eetlepel Italiaanse kruie
  • 2 teelepel swartpeper
  • 200 ml water
  • 3 eetlepels botter
  • 300 g gekerfde sampioene
Braai die uie in die botter tot glaserig.
Voeg die hoendermagies en water by en laat prut vir 2 ure tot sag.
Voeg alle speserye by asook die sampioene.
Laat prut vir nog ‘n 30 minute en voeg die room by.
Laat rus vir 20 minute op baie stadige kole en sit voor saam kapokaartappels.

Die was supersag en baaie djeeeeeerlik.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page